KYK: Riool loop in Oudewerfspruit

Die video is Dinsdagmiddag 13 Maart geneem deur Ngwathe raadslid Saal de Jager. Op die video kan duidelik gesien word hoe rioolwater in die Oudewerfspruit inloop wat uiteindelik in die Vaalrivier beland.

Die video is Dinsdagmiddag 13 Maart  geneem deur Ngwathe raadslid Saal de Jager. Op die video kan duidelik gesien word hoe rioolwater in die Oudewerfspruit inloop wat uiteindelik in die Vaalrivier beland.

Weiveld boere het Dinsdag reeds op eie onkoste en inisiatief herstelwerk gedoen en pype ingesit waar die rioolwater oor die pad loop om skade aan die pad te voorkom wat daagliks heelwat verkeer dra.

Padverbruikers sê die rioolwater loop al vir weke oor die pad.

Die munisipale bestuur het egter gister aan Gazette gesê dat die probleem eers die afgelope naweek aan die tegniese bestuurder uitgewys is en toe dadelik herstel is. Die tegniese bestuurder het toe gesê dat die probleem ‘n gebreekte pomp net hoër op van die Mbeki rioolpompstasie is. Dit blyk nou dat dit egter nie die geval was nie maar dat die problem by die Tokoloho pompstasie was sê De Jager. Dit is  vanoggend reggestel.

 

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button