Stopteken verwyder

Die stopteken voor Welkom-kafee by die verwarrende Loop- en Waterstraatkruising is vanoggend eenvoudig deur munisipale amptenare afgesny, glo nadat opdrag gegee is dat die stopteken moet af.

Die stopteken voor Welkom-kafee by die verwarrende Loop- en Waterstraatkruising is vanoggend eenvoudig deur munisipale amptenare afgesny, glo nadat opdrag gegee is dat die stopteken moet af. Die munisipale bestuurder vir Ngwathe, mnr. Lucky Kamolane het self sowat 6 maande gelede ná versoeke oor die gebrek aan ’n stopteken by dié kruising waar mense die dorp inkom, toegesien dat die teken aangebring is. Hy was nie bewus van die opdrag om die teken vanoggend te verwyder nie het Gazette verneem. Sonder die stopteken skep dit nou ’n ernstige gevaar vir motoriste.

 

https://www.youtube.com/watch?v=Ln6fMIxsdyc&feature=youtu.be

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button