EntertainmentLetterLifestyleOpinions

Lesersbrief: Dankbaar vir Potchefstroom se diereheld

"Sy is die een wat vir haar dierekliënte omgee as hulle enige iets nodig het, siek is, honger is, of net bederf moet word – is sy vuur en vlam om aan hulle aandag te gee en in hulle behoeftes te voorsien."

‘n Mens wonder altyd hoe lyk ’n engel? Engele kom in verskillende vorms, party help kinders, party help oumensies en dan is daar engele soos Melony Brooks – ‘n engel wat na ons diere kyk.
Sy is ‘n regte “dog whisperer”, ‘n “cat-lover”, altyd bekommerd oor vissies, muise, hamsters, voëls, ensovoorts.

Sy is die een wat vir haar dierekliënte omgee as hulle enige iets nodig het, siek is, honger is, of net bederf moet word – is sy vuur en vlam om aan hulle aandag te gee en in hulle behoeftes te voorsien.

Ek’t al gewonder wat Potch se diere sou sê as hulle kon praat. Wat hulle vir mekaar sê as hulle verby mekaar in die winkel loop, want natuurlik is almal welkom.

Moontlik iets soos die:

“Die tannie is die heel beste, sy is altyd bereid om die ekstra myl te loop vir ons, sy maak altyd seker ons het alles wat ons nodig het, sy doen soveel moeite vir ons. Dis ‘n tannie met wie al ons diere vriende moet wees, so ons wil hierdie stukkie vir haar skryf.”

“Liewe Tannie Mel – jy is ons engel, jy is ons held, jy is die ene wat ons gesond hou, ons magies vol hou, ons bosluise en vlooie weghou, en ons mense laat lag as jy so lekker met ons gesels.
Dankie vir als wat jy doen. Alles wat jy vir ons straat maatjies doen, als wat jy doen vir ons wees maatjies. Wens ons kon praat om dit self te sê.”

Daarom wou ek die mense in Potch van haar vertel – sy is nie net my diere se held nie, maar ook myne, want ek kan my diere aan haar toevertrou en weet hulle is versorg. Sy is ‘n aanwins vir enige besigheid, beslis ook ‘n diereliefhebber in hart, siel, gees en vlees.

Melony Brooks het ‘n groot liefde vir diere. Foto: Verskaf

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button