EntertainmentLifestyle

Pret en plesier hierdie Sondag by die Rooy Kosmark

Vir die kele wat droog raak sal daar Grandanilla Gin on tap wees sowel as die unieke Black River Coffee Stout.

Die Rooy Kosmark is iets wat nie misgeloop kan word hierdie Sondag, 31 Julie vanaf 10:00-15:00 by die Van Rooyen-saal nie.

‘n Wye verskeidenheid kos en drank sowel as oulike baadjies, handegemaakte produkte en ‘n “car boot sale” is maar net van die redes om hier te kom kuier.

Alabama Dream  sal weer eens vir fantastiese musiek en ‘n jolige atmosfeer sorg.

Troeteldiere is ook welkom om deel van die pret te wees en hulle sal al te bly wees om spesiale aandag van Nat Snoet te kry.

Kinders sal ook hul gate uit geniet met talle kinderspeletjies sowel as bo-op ‘n kleurvolle springkasteel.

Produkte wat verkoop word:

  • Lekker nageregte te koop

*Interessante sampioene te koop en om te proe

*Burgers te koop

*Russian & Chips

*Verskeidenheid Jaffels

*Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties te koop

*Geurige koffie beskikbaar

*Tradisionele pannekoek te koop

*Biltong te koop

*Jaffels beskikbaar

*Outydse lewerkoekies

*Vars koekies

*Tuisgemaakte souse

*Tuisgemaakte konfyte te koop

*Geurige Kerrie en rys

*Maleise Lamskerrie

*Beesstert met stampmielies of groente

 Crafts:

*Sterking silwer juwele

* Pandora juwele te koop

*Houtmodelle & Kralewerk

* Speelgoed

*Verskeidenheid klere

* Interessante houtprodukte

*Parka baadjies.

Die volgende mark sal eers weer op 28 Augustus 2022 plaasvind. Skakel gerus vir Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies vir dan, of per e pos by: hullabaloo.decorhire@gmail.com.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button