CommunityLifestylePhoto GalleriesSponsored

Skerp jou sekuriteit op by dié ekspo

Security Mecca hou op 13 Julie ’n sekuriteitsekspo wat niemand behoort mis te loop nie.

Security Mecca hou op 13 Julie ’n sekuriteitsekspo wat niemand behoort mis te loop nie.
Nuwe produkte sal by die ekspo bekendgestel word en groot promosies op sekuriteitstoerusting sal aangebied word.
Volgens Deon Bosch, mede-eienaar van Security Mecca, is dit die eerste jaar wat die ekspo aangebied word.
“Daar gaan baie uitstallers wees. OFM se Street Squad is ook vanaf 09:00 tot 14:00 daar. Inwoners kan ook meer inligting oor die Cachetpark City Improvement District-projek kom kry,” het hy gesê.
Volgens hom sal daar ook ’n kompetisie wees waar mense ’n gedeelte van R5 000 se sekuriteits geskenkbewyse kan wen.
Daar gaan groot name wees wat by die ekspo gaan uitstal, soos Centurion, Nemtek en Incredible Door,” het Bosch gesê.
Inwoners wat hulle huis se sekuriteit wil opskerp, sal kan kies en keur uit die verskillende produkte wat by die ekspo aangebied word.
Volgens Bosch sal daar sekuriteitskameras, hekmotors, elektriese heinings, alarmstelsels en nog vele meer wees. Daar is ook ‘Blackview’ kontrakteur selfone beskikbaar. Bosch verduidelik dat die selfone baie skade kan hanteer.
Die robuuste ontwerp maak dit perfek om by enige konstruksieterrein te gebruik.
Behalwe vir al die sekuriteitstoerusting wat op skou gaan wees, kan die jongklomp ook die dag saam kom geniet.
“Daar sal kosstalletjies en ’n springkasteel wees,” het Bosch gesê.
Die Ekspo word Saterdagoggend vanaf 09:00 by Security Mecca se perseel in Du Plooystraat gehou. Toegang is gratis.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button