CommunityLocal news

Promosa-gesin verloor als in huisbrand

Die gesin het alles in die brand verloor.

Die Booysen-gesin van Promosa het die 16de September 2024 alles verloor toe hulle huis, ‘n kerk wat op die perseel was en ‘n voertuig gebrand het.

Riaan Booysen, broer van die huiseienaar, sê hulle vermoed dat die oorsaak van die brand opsetlike brandstiging is.

“Ek was by die werk toe ek ‘n oproep ontvang het waarby ek ingelig is my broer se kerk brand. Hulle was nie in daardie stadium by die huis nie, hulle was in die dorp. Ek het my broer gebel en hy was baie ontsteld.”

Die familie het eers later uitgevind dit was die huis, die kerk en die voertuig wat gebrand het.

Die gesin van ses bly tans in ‘n eenvertrek sinkhuis wat hulle op die perseel opgerug het. Die gesin het alles in die brand verloor.

Enigeiemand wat ‘n bydra wil maak of iets wil skenk om die gesin te help, kan vir Riaan Booysen by 063 630 5060 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button