Local news

Twee mans ernstig aangerand in Mooibank

'n Saak van aanranding om ernstig te beseer is by die polisie oopgemaak en die saak word tans ondersoek.

Twee mans is vanoggend (Donderdag, 29 Februarie) ernstig aangerand in die Mooibank area naby Berts Bricks Laerskool.

NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die voorval bevestig en noem dat die twee mans tans met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is.  Die mans was glo onderweg na hul huis toe hul aangeval is.

“Die polisie is teen 07:15 gekontak. Die twee mans is op die grondpad gevind,” het Myburgh genoem.

ER24 nooddienste en polisie was op die toneel.

‘n Saak van aanranding om ernstig te beseer is by die polisie oopgemaak en die saak word tans ondersoek.

Die verdagtes is nog onbekend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button