Nuwe skietbaan by Kleinplaas spruit uit geloof en gehoorsaamheid

’n Visie wat in geloof gewortel is het begin by Kleinplaas Sports Village gestalte kry, waar Ryno Verster ’n nuwe skietbaan ontwikkel het.

’n Nuwe skietbaan by Kleinplaas Sports Village is ’n getuienis van ’n visie wat in gehoorsaamheid en geloof gewortel is.
Wanneer die skote klap, sal dit nuwe geleenthede skep vir skuts van verskillende ouderdomme om hul oog op die teiken te hou en hul passie uit te leef.

Potchefstroom is bekend vir sy gemeenskap se passie vir teikenskiet. Hierdie baan is juis daarop gemik om mense bymekaar te bring en nuwe bande in die gemeenskap te smee.
’n Visie wat in geloof gewortel is het begin by Kleinplaas Sports Village gestalte kry, waar Ryno Verster ’n nuwe skietbaan ontwikkel het wat vir die publiek op afspraak oop en beskikbaar is.

Die skietbaan vanuit die lug. Foto: Verskaf


Skietbaan is bevestiging van gehoorsaamheid

Ryno Verster, eienaar van Kleinplaas Sports Village, vertel dat hy ’n geestelike roeping ervaar het oor die belangrikheid van die Sabbat deur middel van die Woord en besluit het om dit te eerbiedig.


Hy glo dat hierdie besluit verskeie onverwagse verwikkelinge tot gevolg gehad het gedurende hul sewende jaar op Kleinplaas (2025) wat as Sabbatjaar onderhou was. Sodoende is die ontwikkeling van die skietbaan as een van die projekte waarin hy God se voorsiening kon ervaar.
“Een van die besonderse oomblikke was toe vragmotors onverwags grond kom aflewer het. Die grond was presies wat nodig was om met die ontwikkeling van die skietbaan te begin.”
Wat vir buitestaanders bloot na ’n gewone bouprojek kon lyk, was vir hom nog ’n bevestiging dat die projek volgens God se plan ontvou.

Hoe funksioneer die skietbaan?

Die nuwe skietbaan strek oor 50 meter en maak voorsiening vir die gebruik van verskillende kalibers. Die hoofdoel is om ’n geskikte fasiliteit vir sportskiet en kompetisies te vestig, met die oog daarop om ook skietentoesiaste uit die breër Potchefstroom-gemeenskap te betrek.
Volgens die beplanning sal besprekings deur middel van ’n stelsel hanteer word, met plekke wat op ’n eerste-kom-eerste-bedien-grondslag toegeken word.

Veiligheid en die nakoming van toepaslike regulasies vorm ’n belangrike deel van die skietbaan se bedryf. Volgens Verster is die skietbaan deur die polisie en die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) goedgekeur.

Die bestuur van die baan word ook deur bekwame en ervare personeel behartig.

Vir meer inligting oor die skietbaan, lidmaatskap en toegang vir die publiek, kan belangstellendes vir Ryno Verster van Kleinplaas Sports Village by 079 074 5761 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button