Local news

Jo-Ané rig haar visier op Olimpiese Spele met nuwe beste afstand

Van Dyk spog nou met 'n nuwe persoonlike beste gooi van 62.24 meter.

Die NWU spiesgooier, Jo-Ané van Dyk, het op tuisveld in Potchefstroom haar nuwe persoonlike beste afstand bereik. Dit was ‘n 62.24 meter gooi tydens ‘n ligabyeenkoms op die NWU McArthurstadion Woensdag, 14 Februarie. Dit is ook die tweede verste afstand wat vanjaar in die wêreld onder vroue op seniorvlak behaal is. Yulenmis Aguilar (Kuba) met ‘n afstand van 63.90 meter is tans die voorloper. Aguilar het dit op 24 Februarie in Spanje opgestel. Vanjaar is ‘n Olimpiese jaar so daar is baie om na uit te sien vir Van Dyk wat vol selfvertroue is.

Jo-Ané van Dyk is in haar noppies nadat sy ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 62.24 meter bereik het. Foto: Verskaf

Die Olimpiese Spele vind vanjaar in Parys, Frankryk vanaf 26 Julie – 11 Augustus plaas.

“In die opbou tot die Olimpiese Spele wil ek net die 64 meter lyn oorsteek sodat ek outomaties vir die Spele kan kwalifiseer,” noem hierdie kampioenspiesgooier.

Die bekroonde spiesgooiafrigter, Terseus Liebenberg, rig nog volstoom vir Van Dyk af. Hulle venootskap het vir talle Afrika en SA titels gesorg.

Van Dyk is ‘n bekende in Potch wat die afgelope 9 jaar die NWU met lof verteenwoordig. Sy doen tans haar diploma in Afrigtingswetenskap.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button