Local news

Volkies Potch se hokkiespanne te goed vir Volkies Heidelberg

Volkies Potch het die afgelope naweek hulle Volkies Heidelberg "derby" in klomp wintersport-wedstryde voortgesit.

Hoër Volkskool Potchefstroom se wintersportspanne het die afgelope naweek kragte teen hulle Volkie-teenstanders van Heidelberg gemeet en meeste van die tyd met glimlagte van die veld afgestap.

Volkies Potch se hokkiespanne het hulle superioriteit bewys met albei seuns en dogters eerstespanne wat gemaklike oorwinnings behaal.

Die dogters wen 6-0 met die seuns wat met 4-1 seëvier.

Elizabeth Venter stroom verby ‘n verdediger.
Jani Swart, kaptein van Volkies se eerste hokkiespan.
Volkies se eerste dogters hokkiespan het vir Volkies Heidelberg met 6-0 geklop. Foto: Wouter Pienaar.
Volkies se eerstespan afrigter, Jarryd Hammond, tydens ‘n spanpraatjie.

Die eerste tennisspan wen ook met 43-27.

Volkies se eerste rugbyspan klop hul Hendelberg-teenstanders met 30-29 in ‘n naelbytstryd.

Volkies Potch se netbalspanne sukkel teen Heidelberg met die eerstespan wat met 26-22 die onderspit delf.

Die o.15A span behaal ‘n goeie 26-15 oorwinning.

Hier is die volledige uitslae:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button