Local news
Volkies Potch se hokkiespanne te goed vir Volkies Heidelberg
Volkies Potch het die afgelope naweek hulle Volkies Heidelberg "derby" in klomp wintersport-wedstryde voortgesit.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/03/Untitled-3-780x470.jpg)
Hoër Volkskool Potchefstroom se wintersportspanne het die afgelope naweek kragte teen hulle Volkie-teenstanders van Heidelberg gemeet en meeste van die tyd met glimlagte van die veld afgestap.
Volkies Potch se hokkiespanne het hulle superioriteit bewys met albei seuns en dogters eerstespanne wat gemaklike oorwinnings behaal.
Die dogters wen 6-0 met die seuns wat met 4-1 seëvier.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/03/IMG_5844-520x381.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/03/IMG_5848-520x389.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/03/IMG_5835-520x389.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/03/IMG_5859-520x341.jpg)
Die eerste tennisspan wen ook met 43-27.
Volkies se eerste rugbyspan klop hul Hendelberg-teenstanders met 30-29 in ‘n naelbytstryd.
Volkies Potch se netbalspanne sukkel teen Heidelberg met die eerstespan wat met 26-22 die onderspit delf.
Die o.15A span behaal ‘n goeie 26-15 oorwinning.
Hier is die volledige uitslae: