Local news

Video: Duisende liters water word daagliks vermors in Meadowstraat

“Ek skat dat hier omtrent 1 kiloliter water per uur verlore gaan.”

Vir die afgelope drie maande vermors ‘n waterlek in Meadowstraat groot hoeveelhede
water wat net in die stormwaterdrein inloop.

Altus Snyman, ‘n inwoner van Meadowstraat, noem dat hierdie waterlek al telkemale gerapporteer is, maar dat die munisipaliteit nie die probleem herstel nie.
Die waterlek het ontstaan by sy buurman se erf met die water wat nou al langs die straat
afloop.

Die water vloei afwaarts in hierdie
stormwaterdrein in Meadowstraat.
Die water vloei aanhoudend.

“Ek skat dat hier omtrent 1 kiloliter water per uur verlore gaan,” noem hy.

Om dit in perspektief te stel is dit ongeveer 200, 5 liter bottels se water.

Snyman het ook al ‘n sloot gegrawe sodat die water na die pad herlei kan word en nie in die erf opdam nie.

*Die Herald het die J.B. Marks munisipaliteit vir kommentaar genader,
maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button