SportSport

Volkie-swemmers laat die water spat by NW Ages Gala

Kiana Borstlap en Francois Goosen was van Volkies se uitblinkers met 15 goue medaljes tussen hul.

Volkies se swemmers het verskeie medaljes by die NW Ages Gala in oor die naweek van 31 Oktober – 1 November by Potchefstroom Dam verower, met Kiana Borstlap wat met nege goue medaljes die voortou geneem het.

Kiana het eerste plekke in die 200 m-rugslag, 100 m-borsslag, 50 m-borsslag, 200 m-vryslag, 50 m-rugslag, 200 m-borsslag, 100 m-rugslag, 50 m-vlinderslag en 200 m-individuele wisselslag behaal. Sy het ook ‘n silwermedalje in die 50 m-vryslag verower.

Deoné Borstlap het in haar sussie se voetspore gevolg en een goue, vier silwer- en drie bronsmedaljes losgeswem.

Francois Goosen het ses goue medaljes in die 50 m-, 100 m- en 200 m-vryslag, 200 m-individuele wisselslag en die 50 m- en 100 m-borsslag verwerf. Arno Labuschagne het met twee silwer- en twee bronsmedaljes weggestap, terwyl Wilmar Pretorius ook twee bronsmedaljes bygevoeg.

Die volgende NW Ages Gala 3-4 vind vanaf 14-15 November plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button