Local news
Villagers vat Eerstejaars rugbytitel
Villagers se eerstejaars het Caput oorheers en in die proses vyf drieë gedruk.
Villagers manskoshuis se eerstejaar rugbyspelers is weer die voorlopers nadat hulle op Vrydagaand, 1 Maart die NWU Eagles Eerstejaars-rugbyligafinaal gewen het deur Caput met 32-3 af te ransel (die rustyd-telling was 10-3). Villagers het in 2021 ook die liga gewen.
Die kaptein Bernard Kock het van voor gelei met twee pragdrieë, terwyl Hermanus Robbertze, Adrian Filmer en Arie van der Walt ook elkeen agter die doellyn gaan kuier het. Villagers se losskakel, Divan Cruywagen het ten spyte van ‘n harde hou teen die kop sewe punte bygedra met een skepskop en twee doelskoppe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.