Local news

Villagers vat Eerstejaars rugbytitel

Villagers se eerstejaars het Caput oorheers en in die proses vyf drieë gedruk.

Villagers manskoshuis se eerstejaar rugbyspelers is weer die voorlopers nadat hulle op Vrydagaand, 1 Maart die NWU Eagles Eerstejaars-rugbyligafinaal gewen het deur Caput met 32-3 af te ransel (die rustyd-telling was 10-3). Villagers het in 2021 ook die liga gewen.

Die kaptein Bernard Kock het van voor gelei met twee pragdrieë, terwyl Hermanus Robbertze, Adrian Filmer en Arie van der Walt ook elkeen agter die doellyn gaan kuier het. Villagers se losskakel, Divan Cruywagen het ten spyte van ‘n harde hou teen die kop sewe punte bygedra met een skepskop en twee doelskoppe.

Villagers se eerstejaar rugbyspan is die wenners nadat hulle Caput met 32-3 ore aangesit het. Foto: Ligsinnig Fotografie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button