Local news
Voëlkykers hou fees tydens onvergeetlike naweek
Gedurende die naweek het gaste die voorreg gehad om na nege uitsonderlike lesings van top en bekende voëlkundiges in Suid Afrika te luister.

BirdLife Wesvaal het gedurende die naweek van 21-24 Maart 2024 groot feesgevier by Elgro River Lodge langs die Vaalrivier.
85 gaste het van Donderdagmiddag tot Sondagoggend aan ‘n opwindende en bedrywige program deelgeneem.
Mark Anderson, hoof uitvoerende beampte van BirdLife Suid Afrika, Kobus Fourie, ons gasheer van die Elgro Groep asook die stigter van BirdLife Wesvaal, Ina Stiglingh, het die naweek bygewoon.
Aktiwiteite het reeds vroegoggend om sesuur begin met begeleide staptogte langs die rivier en teen die berg op. Vyf safari voertuie het ook op ‘n gereelde basis voëlkykers op uitstappies na verskillende habitatte geneem op soek na voëls en vir fotografie. Daar was selfs die dapperes wat op die Vaalrivier gaan roei het.
Voëlkykers het aan ‘n BirdLasseruitdaging “BirdLife Wesvaal 40th Celebration” deelgeneem en honderde voëls is ingesleutel.
’n Fotokompetisie is geloods en vier waardige wenners het Sondagoggend hulle pryse ontvang. Nuwe vriende is gemaak met voorsitters en lede van verskillende voëlklubs oor die land en
daar is heerlik gekuier tydens die skaapbraai en ander etes.


Saterdagaand is ‘n gala funksie aangebied waar Mark Anderson (hoofuitvoerende beampte van BirdLife Suid Afrika) en
Rudy Erasmus (beskermheer van BirdLife Wesvaal) Hoephoep sertifikate aan ses klublede oorhandig het vir uitstaande en voortreflike diens aan BirdLife Wesvaal.
Gaste is met vriendelike diens bederf wat bygedra het tot ‘n onvergeetlike naweek. Die bydraes en ondersteuning van uitstallers, borge en vriende van BirdLife Wesvaal het tot ‘n
suksesvolle feesviering bygedra.



Baie dankie aan BirdLife Wesvaal se feeskomitee onder leiding van Lawren Oelofse, die gedenkbladkomitee, en spesiaal die klublede van BirdLife Wesvaal vir die pragtige herinneringe wat ons saam kon geniet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.