Local news

Fietsryer ry 1600 km vir PAWS

Shaun het die 1600 km in 'n ongelooflike sewe dae en vier ure voltooi.

Shaun Leach, eienaar van Le Tour Cycles by Kleinplaas het onlangs die 1600 km vanaf Johannesburg tot in Bloubergstrand afgelê ter bewusmaking van PAWS, asook om vir PAWS kos en ander benodighede in te samel. Shaun is ‘n kranige fietsryer en het die afstand in sewe dae en vier ure afgelê.

Shaun tydens die Joburg to Blouberg. Foto: Verskaf.

Shaun het die afstand so verdeel:
Dag 1 – 230 km; Dag 2 – 215 km; Dag 3 – 215 km; Dag 4 – 255 km; Dag 5 – 160 km; Dag 6 – 240 km; Dag 7 en 4 ure – 140 km.
“Ek het die hele rit deur emosionele oomblikke gehad. Mens raak maar emosioneel deur die ding want dis ‘n groot verstandelike uitdaging,” merk Shaun op.
“Dis ‘n solo, self-ondersteunende rit. Jy moet alles wat jy gaan gebruik saamdra, en as iets foutgaan, moet jy dit selfregmaak.”

Shaun se fiets tydens die Joburg to Blouberg rit. Hy moes al sy benodighede saamdra. Foto: Verskaf.

“Daar was elke dag vir my iets wat uitgestaan het,” vertel Shaun. “Soos wat mens deur die provinsies beweeg het die natuur en omgewing verander. Daar was heeltyd nuwe goed om te sien.” Shaun voeg by dat hy Tafelberg op sy laaste dag van die rit gesien het. “Toe ek Tafelberg sien het ek emosioneel geraak, want ek het besef dat my rit se einde naby was. Baie ouens raak by Tafelberg emosioneel want jy is naby die einde.”
Shaun is baie lief vir diere en het in ‘n vorige berig aan die Herald genoem dat die onvoorwaardelike liefde wat diere vir mense het, ‘n groot motivering was om die projek aan te pak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button