Local newsNewsNews

Vier verdagtes in Donovan Marx-plaasaanval verskyn in hof

Die verdagtes staan tereg op ses aanklagtes wat poging tot moord en roof met verswarende omstandighede onder andere, insluit.

Die verdagtes in die plaasaanval op die Ventersdorpse boer, Donovan Marx, het vanoggend (Dinsdag, 3 November) vir die eerste keer in die Ventersdorpse landdroshof verskyn.

Die vier verdagtes is Phimdile Nomngcayi (29), Godfrey Mathipa (56), Thomas Motlhonglong (27) en Jan Maishone (53).

Die vyfde verdagte sal na bewering as ’n artikel 204-getuie ingevolge die Suid-Afrikaanse Strafproseswet, 51 van 1977, optree. Die verdagte was vermoedelik medepligtig aan die voorval, maar sal na verwagting as ’n staatsgetuie geroep word.

Die staat het aangedui dat die verdagtes op ses aanklagte teregstaan, naamlik poging tot moord met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede, aandanding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die rig van ‘n vuurwapen.

Die vier verdagtes wat aangekla word vir die aanval op Donovan Marx verskyn in die Ventersdorp Landdroshof. Hul is vier verdagtes is Phimdile Nomngcayi (29), Godfrey Mathipa (56), Thomas Motlhonglong (27) en Jan Maishone (53). Foto: Wouter Pienaar

Daar word beweer dat die verdagtes betrokke was by die wrede aanval op Marx op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp op Woensdag, 28 Oktober. Tydens die voorval is Marx se plaaswerker vasgebind, terwyl Marx aangerand is en sy ore afgesny is. Hy sterk tans in die Mediclinic Potchefstroom aan.

Die saak is tot Vrydag, 13 November, uitgestel vir die verdagtes se borgaansoek. Hulle bly in aanhouding en sal weer in die Ventersdorpse Landdroshof verskyn.

“Die staat en ondersoekspan is gereed om borg ten sterkste te opponeer,” het die Noordwes-polisiekommissaris, lt.genl. Arthur Peter Adams, buite die hof gesê. Hy het ook weer vir die ondersoekbeampte, kapt. Bonita Dry en haar puik span bedank.

Talle aktiviste en gemeenskapslede het hul ondersteuning aan Marx kom toon, met ’n groot media-aanwesigheid buite die hof.

Kallie Kriel, HUB van AfriForum groet vir Lt. Gen. Adams, NW polisiekommisaris, buite die hof. Foto: Wouter Pienaar

Meer inligting oor vandag se gebeure sal deurlopend oor gerapporteer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button