Local news

Shaun Christie verhoor by NWU duur voort

Christie word op vyf aanklagte deur die NWU ondersoek.

Dinsdag, 16 April was die vyfde dag in Shaun Christie se dissiplinêre verhoor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom kampus. AfriForum Jeug se bestuurder, Ronald Peters, noem dat die interne dissiplinêre proses op 16 April by die NWU afgeskop het. “Ons vertrou dat die Universiteit vandag hul laaste getuies sal roep en hul kant van die saak sal afsluit en dat Shaun en AfriForum Jeug se regspan dan vanaf die volgende sitting die geleentheid gegun sal word om Shaun se kant van die saak te stel en getuies te roep,” het Peters gesê. Christie het tydens die kampus se Registrasie en Oriëntasieprogram (R&O) ‘n sessie ontwrig deur sy mening uit te spreek oor LGBTQIA+ komitee wat toegelaat is om ‘n sessie aan te bied. Christie was van mening dat die godsdiens-komitees nie ‘n sessie gebied is nie. Christie word op vyf klagtes verhoor. Die klagtes sluit in haatspraak, opsetlike ontwrigting, skending van regte, vyandige behandeling en valse uitlatings. Peters het vroeër gesê dat die NWU Christie se reg tot vryheid van spraak en vryheid van assosiasie misken deur die klagtes wat hul teen Christie geplaas het.

Related Articles

 
Back to top button