Local Elections newsLocal newsNews

Spesiale stemme vandag en môre oop vir goedgekeurde kiesers

Die spesiale stemme vind plaas voor die amptelike plaaslike regeringsverkiesing op Woensdag 4 November.

Kiesers wat aansoek gedoen het om spesiale stemme en wie se aansoeke goedgekeur is, kry vandag en môre (2 en 3 November) die geleentheid om te stem voor stemdag.

Die spesiale stemproses bied aan goedgekeurde kiesers die geleentheid om reeds voor die amptelike verkiesingsdag hul stemreg uit te oefen. Dit sluit kiesers in wat by hul stemlokale gaan stem, asook diegene wat vooraf toestemming gekry het om tuis te stem.

Kiesers word versoek om seker te maak dat hulle voorbereid is en van hul stemgeleentheid gebruik maak. Stemlokale sal op albei dae vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees. Kiesers moet by die stemlokaal waar hulle geregistreer is, gaan stem en ‘n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument toon.

Kiesers wat vir ‘n tuisbesoek goedgekeur is, moet by die adres wat op hul aansoek aangedui is, beskikbaar wees totdat OVK-amptenare opdaag.

Die spesiale stemme vind plaas voor die amptelike plaaslike regeringsverkiesing op Woensdag 4 November.

Jou munisipaliteit. Jou toekoms. Jou stem. Maak seker jou stem word gehoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button