Local news

Boskop Seiljagklub hou seisoen-einde prysuitdeling

Boskop Seiljagklub nooi mense om deel te word van hul klub in die nuwe lente-seisoen.

Boskop Seiljagklub het die afgelope naweek hul 2023-2024 prysuitdeling gehou voordat hulle die seile laat sak vir die winterseisoen. Die seiljagklub se nuwe komitee vir 2024- 2025 is ook tydens die prysuitdeling aangewys. Die klub sal deur die winterseisoen aan bestaande instandhoudingsprojekte werk en nuwe projekte aanpak. Die nuwe seisoen skop September af met ‘n klubresies, en die klub gaan op 26 tot 27 Oktober die gewilde Boskop Ope Regatta aanbied. Boskop Seiljagklub glo dat die beste geleenthede in SuidAfrika is om jongmense op te lei om positiewe en aktiewe Suid-Afrikaners te wees en probeer hierdie karaktertrekke deur seil bevorder. Vir navrae oor die klub kontak gerus vir Heidi van der Walt by 082 902 8032 of stuur ‘n e-pos getitel ‘BYC’ na boskop.y.club@gmail. com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button