Hier is Baillies se finale hoofleiers vir 2026
Hierdie Baillies het hul leierseienskappe deur die jaar bewys.
Laerskool Baillie Park het hul finale hoofleiers vir 2026 bekendgemaak.
Celliers Hayward en Isabella Prinsloo is as hoofleiers aangewys, terwyl Teagan Els, Francois Viljoen, Femke Kruger en Madison Taylor as onderhoofleiers verkies is.
Hierdie ses leerders het hulself deur hul toewyding, verantwoordelikheidsin en positiewe invloed op hul medeleerders as waardige leiers vanjaar onderskei.






“By Baillies glo ons dat ware leierskap nie bloot deur ‘n titel of posisie bepaal word nie, maar deur die voorbeeld wat ‘n mens stel, die manier waarop jy ander behandel en die bereidwilligheid om verantwoordelikheid te aanvaar.”
“Laerskool Baillie Park se skoolhoof, mnr. Danie Breed, en die hele Baillie-familie wens hierdie leerders hartlik geluk met hul besondere prestasie,” noem die skool.



