Local news

Baillie-skuts skiet eersteplek raak

'n Eerste keer eersteplek vir Laerskool Bailliepark se boogskietspan.

Laerskool Bailliepark se reeds suksesvolle boogskietspan het die afgelope naweek van krag tot krag gegaan by ‘n boogskietkompetisie wat Hoërskool Ferdinand Postma by hul splinternuwe boogskietbaan aangebied het.

Baillies se afrigter, Tammy-Lee Knoetze, vertel dat die Laerskool spog met ‘n nuwe boogskietspan met ‘n rekord getal van 42 skuts. Daar is elke Saterdag boogskietkompetisies wat elke skool die kans bied om aanbieder te speel, en Bailliepark het by hierdie kompetisies al ‘n hele paar tweede en derde plekke behaal.

Díe naweek het die skuts hul afrigter en skool laat bars van trots toe hul die eersteplek vir Laerskole gewen het. Laerskool Baillies se boogskietspan gaan van krag tot krag! Baillies het hierdie jaar begin met ‘n nuwe boogskietspan en ‘n rekord getal van 42 skuts. Elke Saterdag word kompetisie geskiet en dit roteer tussen die verskillende skole in NW om vir elkeen ‘n geleentheid te gee om as gasheer op te tree.

Die span het baie goed gevaar met ‘n paar tweede en derde plekke sover elke week, maar het laas naweek ‘n mylpaal behaal deur die eerste plek in te neem van die laerskole spanne! “Die Top 12 skuts van Baillies het ‘n finale telling van 3 199 uit 3 600 behaal wat hulle gemaklik die eerste plek laat verower het,” vertel afrigter Tammy-Lee. Die skuts oefen hard en word elke week aangemoedig en ondersteun deur Tammy-Lee.

Related Articles

Back to top button