658 Oortreders in die laaste sewe dae in hegtenis geneem
Die polise het tydens verskeie ondersoeke, 658 verdagtes vir verskillende oortredings in hegtenis geneem.
658 Oortreders in die laaste sewe dae in hegtenis geneem
In die laaste sewe dae het die polisie in die Noordwes 658 oortreders vasgetrek. Die oortreeders is vir verskeie misdrywe soos dwelmhandel, besigheidsroof, moord, poging tot moord, verkragting, aanranding, roof en vele meer in hegtenis geneem.
Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê van hierdie arrestasies is 363 deur speurders uitgevoer. “Boonop is 50 vermeende ongedokumenteerde persone ingeneem vir verwerking deur immigrasiebeamptes. Meeste van die verdagtes is tydens padblokkades en inspeksie in hegtenis geneem.”
Tydens die ondersoeke het die polisie op drank, vyf vuurwapens, 21 rondtes ammunisie, koperkabels en ‘n verskeidenheid dwelms geslag gelê.



