CrimeLocal news

Verdagte tydens inbraak geskiet

Die een verdagte is geskiet en die tweede verdagte het gevlug.

‘n Verdagte is vanaand tydens ‘n vermeende inbraak geskiet en ‘n tweede verdagte het van die tonneel gevlug.

Luitenant kolonel Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes het vroeër by die Wandellaan in Walter Sisululaan probeer inbreek toe die alarm afgegaan het.

“Die sekuriteit van die alarmmaatskappy het opgedaag en tydens die insident is een verdagte geskiet en ‘n tweede een het daarin geslaag om weg te kom.”

Die verdagte wat geskiet is, is in die hospital opgeneem, sowel as om in hegtenis geneem te word.

“Gelukkig kon die verdagtes nie daarin slaag om in te breek nie”, sê Funani.

Die verdagte sal Dinsdag in die hof op aanklag van roof, besit van ‘n onwettige vuurwapen en poging tot moord verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button