Local news

“Nuwe kragheffing moet vir dienslewering aangewend word”

"Ons moet op plaaslike regeringsvlak elke sent wat ons inkry, verantwoordelik en vir waarde vir geld dienste lewer," het Hans-Jurie Moolman, DA koukusleier, gesê.

Die munisipaliteit se besluit om ‘n nuwe heffing van R50 per maand vir voorafbetaalde kragkopers in werking te stel het baie inwoners warm onder die kraag. Die Herald het verskeie oproepe ontvang van inwoners wat duidelikheid oor dié verandering gevra het.
Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, is die munisipaliteit deur die Nasionale Energierguleerder (NERSA) gelas om ‘n koste van voorsiening te doen. “Die doel van die studie was om prysverhogings vir die 2024/25 finansiële jaar vas te stel. In die studie is daar bevind dat die munisipaliteit dié heffing moet instel. Die doel van die heffing is om koste te verhaal, van elektrisiëns wat op ‘n daaglikse
basis na foute op voorafbetaalde meters moet omsien. Dit sluit brandstof, slytasie van voertuie en oortyd toelae in. NERSA het
die heffing goedgekeur,” het Tshite gesê. Afriforum het in ‘n verklaring gesê hulle soek duidelikheid oor die proses wat gevolg
is om die heffing goed te keur. “Dit is baie sleg dat mense so onkant gevang moet word met ’n R50-heffing wat nie duidelik gekommunikeer is nie en waarvoor daar klaarblyklik nie ’n goeie rede
is nie. Die munisipaliteit moet dalk eerder daarop fokus om agterstallige kragskuld in te vorder en onwettige verbindings die hoof te bied, eerder as om getroue betalers met ’n R50-heffing te straf,” het AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier,
Alta Pretorius gesê. Volgens Anné van Onselen, DA raadslid, word die heffing op die eienaar se munisipale rekening bygevoeg. “Die eienaar van die eiendom gaan dus die nuwe heffing betaal en nie ‘n huurder nie. Dit word ook nie op die aankoopstrokie verhaal wanneer krag gekoop word nie,” het sy verduidelik. “Ons moet op plaaslike regeringsvlak elke sent wat ons inkry, verantwoordelik en vir waarde vir geld dienste lewer. Ons gaan die situasie baie nou dophou en as dit lyk asof die gelde nie gebruik word vir dit waarvoor dit gemotiveer word nie, sal ons seker maak dat mense verantwoordbaar gehou word,” het Hans-Jurie Moolman, DA koukusleier, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button