Vegtertjie baba buite gevaar, ouers benodig steeds hulp
Die ouers het steeds hulp nodig met die mediese rekening.
Baba Xaviër wat op 19 Augustus gebore is toe sy mamma net 34 weke swanger was, is nou buite gevaar.
Potchefstroom Herald het vroeër berig Ab Labuschagne, baba Xaviër se ma, moes ‘n noodkeisier kry en klein Xaviër is na sy geboorte onmiddelik na die NICU (neonatale intensiewe sorgeenheid) geneem waar hy op suurstof geplaas is en buisvoeding gekry het.
Ab het medieseversekering gehad, maar Xaviër was nie gedek nie en na ‘n dag en ‘n half in NICU het die ouers ‘n rekening van R65 000 gekry.
Baba Xaviër is die 20ste Augustus na Potchefstroom se staatshospitaal oorgeplaas waar sy gesondheid baie vinnig beter geword het.
Ab eb haar man, Marius Labuschagne, is oorspronklik van Carletonville, wat 50km van Potchefstroom af is en het in hulle motor geslaap om by hulle baba te wees.
Barmhartige samaritane het hulle harte en deur vir die paartjie oopgemaak en vir hulle slaapplek gegee.
Xaviër is 22 Augustus uit die hospitaal ontslaan en dit gaan baie goed met hom.
“Ons wil net baie dankie se aan die susters wat na hom gekyk het en vir die dokter in die NICU. Ons so dankbaar daar is mense wat die artikel gelees het en dadelik hulle deure oop gemaak het vir my broer en skoonsister. Ons wil ook baie dankie sê aan elkeen wat ‘n bydra gemaak het,” het Ashley Agrella, pappa, Marius se suster gesê.
Die gesin kort egter steeds hulp met die groot NICU-rekening wat nog uitstaande is en wat hulle nie kan bekostig om te betaal nie. Daar is tans 17% van die totale bedrag van R65 000 ingesamel.
Indien jy enige bydra vir baba Xaviër se mediesekostes wil maak, kan jy dit hier doen. Vir enige verdere vrae kan jy vir Ashley by 065 678 3966 skakel of WhatsApp.