CrimeLocal news

Boer in kop geskiet, oorleef wonderbaarlik

'n Verdagte is vrygelaat nadat daar nie voldoende bewyse teen hom was nie.

‘n 50-jarige boer van die Noordwes is Dinsdagoggend 20 Augustus in sy kop geskiet, maar het die aanval oorleef.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Kobus Basson (50) is omstreeks 03:00 op sy plaas naby Zeerust deur vermeende kabeldiewe in die kop geskiet.

“Volgens bronne het plaaswerkers die boer van kabeldiewe by sy hoenderhokke ingelig, waarna hy buitentoe is om ondersoek in te stel. Hy is toe geskiet,” het Mokgwabone verduidelik.

Basson sterk tans in die hospitaal in ‘n algemene saal aan.

Volgens ‘n plasing op Facebook is hy baie positief en maak hy goeie vordering.

Mokgwabone sê ‘n man is ondervra, maar is weens onvoldoende bewyse vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button