CrimeLocal news

Eienaar van bekende kettingwinkel ry polisielid om

Die polisielid is deur die verdagte omgery.

Die eienaar (68) van ‘n bekende kettingwinkel in Potchefstroom is vandag omstreeks 12:00 op aanklag van aanranding en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem nadat hy ‘n lid van die polisie omgery het.

Kolonel Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die insident het by ‘n vulstasie op die N12 plaasgevind.

“Die verdagte het ‘n onderonsie met ‘n lid van die gemeenskap gehad en per toeval was die polisie ook by die vulstasie. Die polisie het die man probeer kalmeer waarby hy so kwaad geword het, dat hy een van die polisielede met sy voertuig omgery het,” het Myburgh gesê.

Die verdagte sal môre in die landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button