Local news

R500 borg vir man wat glo polisielid omry

Hy is op R500 borgtog vrygelaat.

“Hy het glo so kwaad geword dat hy na bewering die polisielid by die vulstasie met sy motor omgery het,” het kolonel Adel Myburgh in ‘n vorige verklaring gesê.

Die saak teen ‘n bekende winkeleienaar wat ‘n polisielid by ‘n vulstasie op die N12 omgery het is uitgestel tot Oktober.

Die naam van die verdagte kan nie bekend gemaak word nie weens die feit dat hy nog nie op alle aanklagte in die hof verskyn het nie.

Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Adele Myburgh, het die winkeleienaar omstreeks 12:00 op 27 Augustus ‘n onderonsie met ‘n lid van die gemeenskap gehad en per toeval was die polisie ook by die vulstasie. Die polisie het die man probeer kalmeer waarna hy so kwaad geword het dat hy een van die polisielede met sy voertuig omgery het.

Hy is aanvanklik op aanklagte van aanranding en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem en het op 28 Augustus in die hof verskyn.

‘n Aanklag vir die diefstal van brandstof is later tot die klagstaat bygevoeg.

Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sive Gunya, sê die verdagte het tot op hede nog net vir die diefstal van R500 se brandstof verskyn. Hy is op R500 borgtog vrygelaat. Die saak is na die verhoorhof oorgeplaas en sal op 8 Oktober voortgaan. Die aanklagte van aanranding en roekelose bestuur moet nog teen die verdagte aangelas word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button