Local news

Ouma Nessa se geurige wildsvleispastei

Dit sal almal se nuwe gunsteling wees.

Hierdie geurige wildsvleispastei is ‘n ou plaasresep wat al vir generasies ‘n familie gunsteling bly.

Bestanddele

Vulsel:

  • 5 tot 2kg Wildsvleis van jou keuse
  • 2 Goot uie
  • 250g Vars sampioene
  • 1 Eetlepel Worcestersous
  • 2 Teelepels pietersielie
  • 1 Teelepel kerriepoeier
  • Sou en peper na smaak
  • 1 Pakkie bruin uie soppoeier
  • 2 Pakkies gesnipperde spek
  • 4 Knoffelhuisies
  • 1 Koppie droë witwyn
  • 2 Teelepels gemengde kruie
  • 2 Teelepels borrie
  • 5 Naeltjies, heel
  • 1 Koppie room
  • 100 -125ml Blatjang

Kors:

  • ½ Koppie melk
  • 1 Eier
  • 2 Teelepels bakpoeier
  • ½ Koppie olie
  • ¾ Koppie koekmeel
  • ¼ Teelepel sout

Kook wildsvleis van die been af. Braai die spek, uie en knoffel tot gaar. Roer die sampioene by die spekmengsel. Voeg die witwyn, Worcestersous, gemengde kuie, pietersielie, borrie, kerriepoeier, naeltjies, blatjang, sou ten peper by. Voeg die vleis by en laat dit deurkook. Meng die room en soppoeier saam en roer dit by die vleismengsel in. Sit ‘n deksel op en laat dit deurkook.

Meng intussen die kors as volg: Klits die eier, olie en melk saam. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en klits tot gemeng.

Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak. Giet die pasteikors oor. Bak vir 20 -25 minute by 180˚c tot goudbruin en krakerig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button