Local newsNewsNews
Hier is Momentum Aardklop se beste produksies
Die toneelspel en kreatiwiteit was uit die boonste rakke vanjaar.
Na ‘n uitstekende Momentum Aardklop 2026 is die amptelike wenners op sosiale media die afgelope twee weke bekendgemaak.
Die wenners kon ook in kort videos hul dank uitspreek oor die toekennings wat hul ontvang het.
Hier is die room van Momentum Aardklop 2026:
Beste Ensemble
- Benoemings: CRYBABY, Detensie – Pronk Podium, Vlerktog – Pronk Podium en ‘KUNS’
- Wenner: CRYBABY
Beste Klassieke Musiek-/Crossover-musiekuitvoering
- Benoemings: Oorsprong; Charl du Plessis Trio: Take a Sad Song and Make It Better; Hofmeyrs in konsert: Van liefde en die nag; The Scullery Quintet: Seasoned to Taste!
- Wenner: Oorsprong
Hartsvriende Beste Produksie
- Benoemings: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie / Mathilda; Boesman en Lena
- Wenner: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie / Mathilda

Beste Musiekgedrewe Produksie
- Benoemings: Vincent: His Quest to Love and Be Loved; HÄNDEL & DIE DONKIE; Hartsbriewe
- Wenner: Vincent: His Quest to Love and Be Loved
Best Afrikaanse Teks
- Wenner: Vlerktog (Pronk Podium) – Wessel Pretorius
Beste Aktrise
- Benoemings: Veronique Jepthas (Boesman en Lena); Sandra Prinsloo (Die ander dogter); Antoinette Kellermann (Liefde, Lafras); Marion Holm (Gryp elke grasHolm)
- Wenner: Veronique Jepthas (Boesman en Lena)

Beste Akteur
- Benoemings: André Odendaal (Pad na Soekmekaar); Albert Pretorius (Ek is nie Danie); Wessel Pretorius (Kuns); Brendon Daniels (Boesman en Lena); Wilhelm van der Walt (Kuns)
- Wenner: André Odendaal (Pad na Soekmekaar)
Beste Regisseur
- Benoemings: Marthinus Basson (Kuns); Carla Smith (CRYBABY); Nico Scheepers (Ek is nie Danie); Christo Davids (Boesman en Lena); Wessel Pretorius (Vlindervry)
- Wenner: Marthinus Basson (Kuns)
Beste Aanbieding: Toneel
- Benoemings: Boesman en Lena; Kuns; CRYBABY; Liefde, Lafras; Vlindervry
- Wenner: Boesman en Lena
Toekenning vir Grensverskuiwende Werk
– Wenner: Leon Gropp (Sê dit soos dit is)
Beste Algehele Aanbieding
– Wenner: Vincent: His Quest to Love and Be Loved
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



