Local news

NWU Besigheidskool inspireer jong vroue

As die top-innoveerders het hulle 'n ongelooflike tegnologie-toer in die buiteland verdien.

Die InnovateHER 2024 Gala Ontbyt het Saterdag 9 November ‘n inspirerende gemeenskap van jong vroulike innoveerders en leiers bymekaargebring. InnovateHER, ‘n inisiatief gelei deur die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool, is toegewy daaraan om jong vroue van 15-25 jaar oud toe te rus met noodsaaklike digitale vaardighede vir die Vierde Industriële Revolusie, om selfvertroue te bou en sterk vroulike rolmodelle te kweek.

Deur die InnovateHER Youth Innovation- kompetisie, leer deelnemers noodsaaklike vaardighede in kreatiewe probleemoplossing, mobiele toepassingsontwikkeling en entrepreneurskap. Hierdie program bied ook toegang tot mentorskap van kundiges in die bedryf en ‘n netwerk van eendersdenkende eweknieë – almal met ‘n missie om ‘n volhoubare en billike toekoms te skep.

“Baie geluk aan Studiemaats! As die top-innoveerders het hulle ‘n ongelooflike tegnologie-toer in die buiteland verdien – ‘n onskatbare, eens-in-‘n-leeftyd ervaring. ‘n Groot applous aan alle finaliste wat hul visioenêre idees gedeel het en dankie aan almal wat InnovateHER 2024 so ‘n inspirerende geleentheid gemaak het,” het die universiteit in ‘n verklaring gesê.

Kyk na die fotos hier:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button