Local news

Sekuriteit begin by jouself – veiligheidswenke vir die vakansie

Volg hierdie wenke om seker te maak jy bly veilig die vakansie.

Met die skoolvakansie en feesseisoen om die draai, begin mense al hulle jaarlikse wegbreek beplan. Maar beplan jy ook reeds hoe jy jou en jou besittings se veiligheid gaan verseker?

Goeie beplanning en voorsorgmaatreëls kan die rede wees dat jy lekker vakansie hou, terwyl jy gerus is jou huis en besittings is veilig.

Botes Botha, eienaar van CB Security in Potchefstroom, gee ‘n paar sekuriteits-en veiligheidswenke vir die vakansie.

Hier is die wenke:

  • Reël ‘n volledige toets van jou perseel se alarm sisteem.
  • Stel jou Sekuriteitsmaatskappy se beheerkamer in kennis van die datums wat jy nie by huis gaan wees nie.
  • Reël met jou buurman of familielid vir ekstra sleutels vir jou perseel en betroubare kontaknommers waarop jy beskikbaar sal wees.
  • Maak seker enige iets wat los is, of buite in jou erf lê nie sigbaar is nie bv. Fietse, tuinslange en tuintoerusting.
  • Maak seker jou hek gaan ordentlik toe wanneer jy in of uit ry by jou huis.
  • Hou jou motorhuis se deure toe.
  • Let op in die straat na enige verdagte persone, kenmerke of karre in die strate en omgewing, ‘trust your gut’ wanneer iets vir jou vreemd lyk.
  • Wanneer jy rond ry, hou jou venters toe sodat enige ‘smash and grab’ geleenthede minder aanloklik vir kriminele is, en sluit jou kar deure.
  • Maak seker dat wanneer jy uit jou voertuig uitklim, hy ordentlik gesluit is en jy die alarm gehoor het – Dit voorkom dat kriminele jou kar deur kan ‘jam’ en sodoende jou voertuig kan steel.
  • Ouer mense is altyd ‘n sagte teiken vir roof en diefstal.  Maak seker dat wanneer julle by ‘n OTM-masjien staan dat almal ‘n sekere afstand is van jou af is.  Sou jy ongemaklik voel, stel dadelik die mense om jou in kennis.
  • Moet geen besigheid doen in die sentrale area nie.  Doen dit by ons kantore met die beheerkamer ingelig en onder die CCTV-kameras.  Sou jy die nie so doen nie, neem altyd iemand saam met jou na die afgespreekte publieke area.
  • Moet nie alleen uit jou huis uitgaan wanneer jy iets sien of hoor in jou erf nie. Druk die paniek om die alarmsisteem te aktiveer.
  • Maak seker jou elektriese heining is goed gediens en skoon gesny om onnodige valse seine te vermy.
  • Maak seker jou CCTV-kameras is op standaard en dat alles reg werk.  Indien dit gemoniteer word stel die beheerkamer in kennis.
  • Maak seker daar genoeg koopkrag om die meters indien julle op vakansie gaan sodat die alarmsisteem se battery nie dood loop nie.
  • Maak seker jou hekmotor se ‘bracket’ van so aard is dat die hek nie gelig kan word nie.
  • Maak seker jou kinders ken die reël van ‘stranger danger’, leer hulle om nie vreemde goed te vat by vreemdelinge nie en ook nie alleen iewers heen te gaan nie.
  • Maak seker indien julle ry dat julle ‘n spaar wiel het en kyk vir klippe en skerp voorwerpe in die paaie.
  • Maak seker die buite ligte werk en dat daar nie waardevolle goedere in die venters sigbaar is nie.
  • Maak seker jou kluis sleutels is nie op die perseel indien julle met vakansie gaan nie. – Neem dit saam met jou, of boek dit by ons beheerkamer in.
  • Onthou ALTYD:  Sekuriteit begin by jouself, WEES OPLETTEND en WEES PARAAT.

CB Sekuriteit het 24/7, ‘n bystand Tegnikus indien daar enige hulp benodig word rakende die alarmsisteem, beams , kameras, heinings en hekmotors.

Die Gewapende Reaksie span is 24/7 op die pad om jou veiligheid te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button