Local news

Volkies verwelkom nuwe hoof

"Ek weet die Hemelse vader het my en my gesin hierheen gestuur om aan sy koninkryk te help bou."

“Hoop vir ‘n beter more, ‘n blink toekoms, ‘n geseënd, beskermde lewe, ‘n diepe trots vir ons skool en hoop en lig op elkeen se toekomspad,”

Dit is die boodskap van die nuwe skoolhoof van Volkies. Die 44-jarige PW van Aswegen, gaan aanstaande jaar homself by die skool aansluit. Voorheen die hoof van Hoërskool Bultfontein, het van Aswegen vanuit die wêreld van finansiële bestuur na onderwys oorgeskuif omdat hy ‘n groot passie daarvoor het.

“Ek weet die Hemelse vader het my en my gesin hierheen gestuur om aan sy koninkryk te help bou. Mag sy naam altyd eerste in ons harte, doen en late wees. Mag elke Volkie, God se wil vir hulle lewe verwesenlik en dit werklik uitleef,” het Van Aswegen in die boodskap aan die skool gesê.

 

PW van Aswegen, Volkies se nuwe hoof, en sy vrou Luritza saam hulle kinders Lerica en Andries.

 

 

Gerhard Swart wat tot onlangs nog waargeneem het by die skool is in ‘n vorige verklaring deur die skool bedank vir sy leiding in dié tyd.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button