Velsorg wenke vir hittegolf
Dit is noodsaaklik dat jy, jou vel goed versorg. Veral te midde die hewige hitte toestande wat in Potchefstroom ervaar word.
Het jy geweet, dat jou vel, die grootste orgaan is. Dit tel vir 10% – 15% van jou liggaamsgewig. Jou vel het ‘n positiewe invloed op jou selfvertroue en kwaliteit van lewe, en omdat dit so belangrik is, is dit noodsaaklik dat jy jou vel goed versorg.
Veral te midde die hewige hitte toestande wat in Potchefstroom ervaar word.
Hier is ‘n paar wenke om jou vel beter te versorg:
-
Bly gehidreer, of jy nou binne of buite is
In die somer, verloor jou liggaam meer water deur sweet. Wanneer dit warmer word moet jy meer water drink. Hidrasie is goed vir jou algemene gesondheid maar ook om jou vel mooi te hou. Deur genoegsaam water te drink, word gifstowwe beter uitgeskei en dit voorkom dat jou vel droog word.
2. Tegnologie kan jou help om die UV indeks dop te hou
Suid-Afrika val in die ‘uiters hoë risiko’-kategorie op die nasionale UV-indeks. Jy kan die UV-indeks op jou foon of slimhorlosie met enige weertoepassing nagaan. As die UV-indeks hoër as 6 is, neem ekstra voorsorgmaatreëls, soos om ‘n breëspektrum sonskerm met SPF 30+ aan te wend en bedag te wees op die hoeveelheid tyd wat jy in die son spandeer.
Jou skaduwee kan jou help om jou vlak van UV-blootstelling te identifiseer:
• As jou skaduwee langer is as wat jy is (vroegoggend en laatmiddag), sal jou UV-blootstelling laer wees.
• As jou skaduwee korter is as wat jy is (omstreeks die middag), word jy aan hoër UV-stralingsvlakke blootgestel. Soek skaduwee en beskerm jou vel en oë.
3. Beperk jou tyd in die son
Die selle in jou vel verander sonlig na vitamien D, wat vir die gesondheid van jou bene en immuunstelsel noodsaaklik is. Suid-Afrikaners moet oor die algemeen en veral tydesn die huidige hittegolwe ons tyd in die son beperk. Vermy dit om in direkte sonlig te wees tydens spits sonskynure – tussen 10:00 en 15:00 en as jy geen keuse het nie, smeer sonskerm aan, en dra ‘n breërandhoed.
Moenie deur bewolkte lug geflous word nie. UV-skade kan steeds in die skadu, onder water en op bewolkte dae voorkom. Jy kan ook sonbrand kry as jy in water is, so wees versigtig wanneer jy in ‘n swembad of die see is.
4. Sonskerm is net een aspek van sonbeskerming
Blootstelling aan UV-lig van die son is verantwoordelik vir 86% van melanome (velkanker). Oor die afgelope dekade het meer UV-straling die aarde se oppervlak bereik omdat die osoonvlakke uitgeput is, en die atmosfeer meer van sy beskermende filterfunksie verloor.
Die wêreldwye voorkoms van melanoom neem steeds toe, en daarom moet jy klere en bykomstighede dra wat jou teen die son beskerm, soos langmoue, langbroeke en hoë krae, klere wat óf ‘n UPF-gradering het óf diggeweef is. Breërandhoede en goeie kwaliteit sonbrille is ook noodsaaklik.
5. Eet ‘n verskeidenheid kosse
Deur ‘n verskeidenheid van kosse te eet, help dat jy genoeg vitamiene en antioksidante inkry om jou vel te voed. Mense wat nie B-vitamiene het nie, soos dié wat in proteïene, vrugte en donker blaargroentes voorkom, is meer vatbaar vir veluitslag. Vitamien C-tekort word dikwels gekoppel aan brose vel en probleme met wondgenesing.
Antioksidante is superhelde vir jou vel, veral gedurende die somer. Die son kan veroorsaak dat onstabiele molekules, wat vrye radikale genoem word, selle in jou vel beskadig. Maar antioksidantryke kosse soos bessies, sitrusvrugte, blaargroentes en groen tee kan daardie vrye radikale stabiliseer, sodat hulle nie jou velselle beskadig nie.
6. Hou op rook
Rook dra by tot verskeie velprobleme, insluitend stadige wondgenesing en velinfeksies. Chemikalieë in tabak en damprook veroorsaak die vernietiging van kollageen en elastien, die vesels wat jou vel krag en elastisiteit gee. Selfs tweedehandse rook vernietig die boustene van ‘n gesonde vel.
Jy kan jou vel se gesondheid ondersteun deur voeding te prioritiseer en hierdie somer sonslim te wees. Beplan ‘n professionele velondersoek as jy enige waarskuwingstekens sien. Medshield Medical Scheme voorsien lede van omvattende gesondheidsondersoeke om moontlike probleme vroeg te identifiseer, wat tydige ingryping moontlik maak.