Local news

Vyf plekke in jou huis wat jy dalk vergeet om skoon te maak

Hierdie oor die hoof gesiene areas gee jou nie net gemoedsrus om te weet dat elke plek in jou huis skoon is nie, maar bevorder ook 'n gesonder omgewing vir jou en jou gesin.

Gereelde skoonmaak is noodsaaklik om ‘n higiëniese omgewing te handhaaf, gesondheidsrisiko’s te verminder en algehele welstand vir jou en jou gesin te bevorder. ‘n Vlekvrye huis lyk nie net goed nie, dit skep ‘n gesonder lewensomgewing. Daar is egter dikwels verwaarloosde areas in elke huis wat stof, vet en allergeene ophoop. Hier is ‘n lys van algemeen oor die hoof gesiene plekke om aan te pak tydens jou volgende skoonmaak sessie.

1. Kaste en yskaste.

Die boonste oppervlaktes van kombuiskaste en yskaste kan stofopbou saam met vet en soms spinnekopwebs oor tyd versamel. Om hierdie plekke effektief skoon te maak, begin deur ‘n lap of stofdoek te gebruik om enige stof te verwyder. Vir vetvlekke kan jy ‘n mengsel van water en afwasseep maak. Maak ‘n lap of spons nat met die gekose oplossing. Gaan voort om die areas af te vee. In die geval waar daar vlekke is wat nie maklik wil weggaan nie, kan jy ‘n bietjie bakpoeier op ‘n lap sprinkel en die oppervlaktes liggies skrop. Vir toekomstige skoonmaak kan jy dalk waspapier of rakvoerings op die kaste plaas om vuil en vet vas te vang, aangesien hierdie maklik verwyder kan word wanneer dit vuil is.

2. Ligtoestelle en plafonwaaiers.

Plafonwaaiers en ligtoestelle kan oor tyd stof versamel as dit nie gereeld gebruik word nie of moeilik is om toegang tot te kry. Om plafonwaaiers behoorlik skoon te maak, bedek elke lem met ‘n kussingsak en verwyder dit dan versigtig om stof in die kussingsak te vang. Vee dan die lemme skoon met ‘n mikrovesellap. Vir ligtoestelle, verwyder dele, soos glasbedekkings of skakerings en was dit in warm seepwater. Onthou om ‘n lap te gebruik om dele wat nie verwyder kan word nie af te vee, en om seker te maak dat die ligtoestel afgeskakel is sodat die gloeilamp kan afkoel voordat jy met die skoonmaakproses begin.

3. Mikrogolfoonde en oonde.

Het jy al ooit ‘n mikrogolfoond gesien wat baie keer gebruik is sonder om skoongemaak te word? Verskrikking is ‘n understatement. Kry jy ooit die vrees dat sommige van daardie ou kosreste wat aan die mikrogolfoond vasgeplak is, dalk in jou kos kan val terwyl jy dit opwarm? Die binnekant van mikrogolfoonde en oonde, ook skottelgoedwassers, kan oor tyd vetvlekke en kosreste versamel as dit nie gereeld genoeg skoongemaak word nie. Om jou mikrogolfoond op te frissel, moet jy ‘n bak water met suurlemoenskywe of asyn vir vyf minute verhit om stoom te skep wat sal help om vuil los te maak en maklik met ‘n lap afgewas kan word. Wat oonde betref, kan jy ‘n mengsel van baksoda en water voorberei om op die oppervlak aan te wend en dit vir ure of oornag te laat sit voordat jy liggies met ‘n spons skrop om enige opgeboude vet te verwyder.

4. Deurrame en handvatsels.

Deurhandvatsels word daagliks aangeraak, wat dit hotspots vir kieme maak, maar die bokante en kante van deurrame word dikwels oor die hoof gesien wanneer die huis skoongemaak word. Om hierdie verwaarloosde areas aan te pak, kan jy ‘n droë lap gebruik om stof van die rame te verwyder. Vir vuil en vingerafdrukke kan jy die deurrame met ‘n lap en ‘n multipurpose skoonmaker afvee, met spesifieke fokus op die bokante van die deure waar stof geneig is om ongemerk op te bou. Maak seker om deurhandvatsels skoon te maak met ‘n ontsmettingsdoek of ‘n lap wat effens nat gemaak is.

5. Stortkoppe en krane.

Water en mineraalopbou kan stortkoppe blokkeer, vlekke op krane skep wat hul prestasie en glans verminder. Om jou stortkop effektief skoon te maak, plaas ‘n sak vol asyn rondom die stortkop wat met ‘n elastiese band vasgemaak is, laat dit vir ‘n uur of twee sit, gebruik ‘n ou tandeborsel om die mondstukke liggies te skrop en laat dan water deur die stortkop loop om enige oorblywende afsettings te verwyder. Vir kraan skoonmaak, maak ‘n lap nat met asyn, wikkel dit om die kraan vir 30 minute om enige mineraalopbou op te los. Om vlekke aan te pak, gebruik ‘n mengsel van baksoda en water om die area liggies te skrop en poliseer dit dan droog met ‘n mikrovesellap vir ‘n mooi glans.

Hierdie oor die hoof gesiene areas gee jou nie net gemoedsrus om te weet dat elke plek in jou huis skoon is nie, maar bevorder ook ‘n gesonder omgewing vir jou en jou gesin. SweepStars spesialiseer in die sorg vir hierdie plekke wat dikwels verwaarloos word. Maak seker om hierdie skoonmaak gewoontes in jou roetine in te sluit om daardie vergete plekke skoon te hou en ‘n gesonde en verwelkomende huisatmosfeer te handhaaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button