Local news
Brandstofpryse styg moontlik weer
Verbruikers kan moontlik vanaf 1 Januarie meer vir brandstof betaal.
Die verswakking van die rand teenoor die dollar het brandstofherwinnings in die rooi gedruk, wat dui op petrol- en dieselprysverhogings wanneer brandstofpryse op die eerste Woensdag van die maand aangepas word.
Nuwe data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n moontlike styging in die prys van diesel en petrol vir Januarie.
Die prys van 93-oktaan petrol kan met 14 sent per liter styg, terwyl 95-oktaan petrol se prys met 7 sent per liter kan verhoog.
Die prys van 0.05% diesel kan met 2 sent per liter styg en die prys van 0.005% diesel met 5 sent per liter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



