Local news

Drie vas vir hondjie-moordenaar se dood

Tladi is glo vasgebind en met stewels geskop.

Drie mans is in die Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n man vermoor het omdat hy twee hondjies doodgemaak het en een beskuldigde aangeval het.

Kaptein Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder van die Noordwes, sê Moses Itumeleng Tladi (30) het glo Saterdag, 14 Desember twee hondjies, wat aan Alwyn Petrus van Heerden, een van die verdagtes, behoort, doodgemaak. Daarna het hy glo ‘n tweede verdagte, Abram Khunou, aangerand.

“Die polisie het ‘n klag ontvang van ‘n man wat op die plaas Rietdraai aangerand is. Die polisie het ‘n man op die grond voor die werknemers se kamers aangetref nadat hy vir hulle uitgewys is.”

Khunou het aan die polisie gesê die oorledene het hom in sy kamer aangeval terwyl hy langs sy meisie geslaap het. Sy kamerdeur was nie gesluit nie. Khunou se seun, Amenti Moriri, wat in die kamer langsaan geslaap het, het ook in die geveg betrokke geraak toe hy sy pa wou help. Tladi is met ‘n sambok geslaan.

Van Heerden, wat ‘n huis op die plaas huur, het opgedaag en glo ook die oorledene aangerand.

Van Heerden het aan die polisie gesê die oorledene was vroeër daardie dag by sy huis en het sy twee klein hondjies doodgemaak.

Tladi is glo vasgebind en met stewels geskop. Toe die polisie hom op die toneel aantref, was hy half kaal, sy voete en hande was vasgebind en hy het ‘n tou om sy nek en skouers gehad.

Van Heerden en Khunou is die dag na die voorval in hegtenis geneem en Moriri ‘n paar dae later.

Al drie verdagtes is op borgtog vrygelaat en sal weer 3 Februarie in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button