Local news

Vreugde en liefde vir alle Potchefstromers

‘n Jaar gaan so vinnig verby. Die verloop van tyd voel vir ons so vinnig omdat ons nie die tyd neem om die klein en soms groot seëninge wat ons almal het, te tel nie.

Soos almal in hul verskeie rigtings beweeg vir die Kerstydperk, wil ek net van die geleentheid gebruik maak om aan al ons lesers en adverteerders ‘n besonderse feestyd toe te wens. ‘n Jaar gaan so vinnig verby. Die verloop van tyd voel vir ons so vinnig omdat ons nie die tyd neem om die klein en soms groot seëninge wat ons almal het, te tel nie.

Teen die tyd van die jaar wonder almal waar is die tyd heen, ons lewe verby ons naastes en soms verby ons geliefdes. Tyd is geld soos hulle sê en ons is almal deel van die wedloop na sukses. Soms net die wedloop om kos op die tafel te sit. Ek doen ‘n beroep op elke
Potchefstromer om vanjaar, al is dit net dié kort tydjie voor ons weer in die nuwe jaar met die spreekwoordelike ‘rat race’
begin, ons seëninge te tel en te waardeer.

Daai ekstra tydjie te neem saam met jou ouers, kinders of selfs die buurman wat lyk of hy dalk alleen is. Dit maak die hart vol, nie noodwendig net jou eie nie, maar jou medemens wat besig is om sy/haar eie interne oorlog te veg. Geniet dit, waar ook al jy
is, waardeer dit wat jy het en kom terug na die stad waar die inwoners al oor en oor bewys het dat hulle ‘n hart vir mekaar het.

Potchefstroom, ons wens vir elke inwoner vrede, vreugde en geluk toe. Ons bedank weereens elkeen van julle wat ons met jul stories vertrou en deel maak van julle lewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button