Hoe om jou kinders die vakansie besig te hou
Hier is ‘n paar idees hoe jy jou kinders die Desembervakansie kan besig hou.
Die Desembervakansie raak gewoonlik vir beide kinders en ouers baie lank. Dit is altyd ‘n uitdaging om jou kinders besig te hou, veral as jy nie met vakansie kan gaan nie.
Hier is ‘n paar idees hoe jy jou kinders die Desembervakansie kan besig hou.
Skattejag
Dit kan ‘n uitgebreide soektog van items wat jy weggesteek het wees of jy kan ‘n lys maak van doodnormale items om in die huis te vind, en laat jou kinders dit afmerk.

Vrywilligerwerk
Betrek jou kind by gemeenskapsdiens om hulle te leer hoe waardevol dit is om terug te gee aan die gemeenskap.
Maak ornamente
Maak Kersfeesornamente vir die feesseisoen. Kyk hier hoe jy dit kan doen.
Maak klei
Speelklei is ‘n prettige aktiwiteit vir jong kinders en kan hulle vir ure lank besig hou.

Liggiestoer
Neem jou kinders om die Kersfeesliggies wat by huise in jou dorp opgesit is, te gaan kyk. Baie dorpe hou ook Liggiefeeste.
Bordspeletjies
Speel saam met jou kinders bordspeletjies soos Ludo, Monopoly of Scrabble.
Leer om te brei
Brei is ‘n goeie aktiwiteit vir ouer kinders wat meer geduldig is.
Speelgoedwas
Vul ‘n skottel, plastiekhouer of bak met water. Voorsien handdoeke en ‘n boks speelgoed wat kinders kan was (speelgoed met elektroniese stukke moet vir hierdie aktiwiteit weggesteek word). Gooi ‘n paar klein karretjies, plastiekdiere, speelgoedkos, plastieksleutels, ens in die skottel en laat jou kinders dit was.
Kamp
Sit ‘n tent of fort op en vul dit met verskeie items vir ‘n kamp. Laat jou kinders gemaklik raak met kussings en komberse, hou hulle gelukkig met gesonde versnapperinge. Skakel die ligte af en gee vir hulle flitse om skadudiere te maak. Gooi ‘n paar teddies in vir geselskap, ‘n verkyker om die bere dop te hou, en ‘n paar diereprenteboeke.
Ontbytpap hangertjie
Sit ‘n bak O-vormige ontbytpap en garing neer en laat hulle die garing deur die pap trek om hangertjies te maak.
Ballonvlugbal
Bind ‘n lint, garing of tou stewig tussen twee mure om ‘n binnenshuise net te maak. Gebruik ‘n ballon of strandbal en laat hulle vlugbal speel.
Bak koekies of kolwyntjies
Dit is altyd lekker as ‘n gesin tyd saam in die kombuis spandeer. Hier is ‘n maklike resep vir Kersfeeskoekies.
Kersfeesflieks
Kyk saam Kersfees of vakansie-tema flieks. Hier is ‘n lys van kindervriendelike flieks.



