Local news

Vyfjarige dood tydens dronkbestuur-insident

Die ma en baba is ernstig tydens die insident beseer en die vyfjarige is opslag dood.

‘n Vrou (29) sal vandag 27 Desember op aanklag van strafbare manslag en die bestuur onder die invloed in die Brits-landddroshof verskyn. ‘n Ma en twee van haar jong kinders is op Kersdag deur die vrou raakgery.

Die ma en baba is ernstig tydens die insident beseer en die vyfjarige is opslag dood.

Kol. Adéle Myburgh sê volgens inligting het ‘n swart Amarok-bakkie in Simon Bekker-rylaan in Kosmos, in Hartbeespoortdam, teen ‘n ma (22) en haar twee kinders vasgery. Die vyfjarige is op die ongelukstoneel dood verklaar, terwyl die ma met ernstige kopbeserings en die baba in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is.

Die verdagte is Kersmiddag deur Hartbeespoortdam-polisie gearresteer en dadelik van strafbare manslag en die bestuur onder die invloed van alkohol of ‘n dwelmmiddel wat ‘n narkotiese effek het, aangekla.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button