Local news

Fotograaf-paartjie kom tot die redding

Die paartjie het gedink hulle gaan sonder 'n fotograaf trou.

Maureen en haar man, Jacques Jonker, het met groot skok op die oggend van hulle troue op 14 Desember verneem dat hulle fotograaf in die hospitaal opgeneem is.

‘n Onvoorsiene situasie buite enigiemand se beheer, maar steeds iets wat groot paniek by die paartjie veroorsaak het.

Maureen vertel sy het eers nie geweet wat om te doen nie.

“Ek was eers in skok en het stil geraak met ‘n miljoen gedagtes wat deur my kop maal. Toe sak die paniek in.”

Die paartjie wat al 13 jaar saam is en op 18 Desember 2022 verloof geraak het, het gedink hulle gaan sonder ‘n fotograaf trou.

“Ek het eers ‘n paar ander fotograwe van wie ek weet, gekontak en gedink daar moet iemand wees, maar toe almal sê hulle is nie beskikbaar nie, het ek regtig gedink ons gaan sonder ‘n fotograaf trou. Ons het gedink ons gaan maar die gaste vra om hulle fone reg te hou om fotos en videos te neem,” gaan Maureen voort.

Maureen het as ‘n laaste hoop op die Potchefstroom Facebook-blad gevra of daar enige fotograwe dadelik beskikbaar is.

Fotograaf Brandon Cordier en sy vrou, Katja Caroline Cordier, van Every Moment Photography het op die plasing reageer.

Brandon, wat ongeveer ses jaar gelede met fotografie as ‘n stokperdjie begin het, sê hy en sy vrou doen dit nou as ‘n paartjie saam.

“Ek het nog daardie oggend gewerk toe hulle bel en sê hulle fotograaf is in die hospitaal en hulle het hulp nodig. Ek het toe vir my vrou vertel van die dilemma wat hulle op hulle trou dag het. Ons het onlangs getrou en gesê ons weet nie wat ons sou doen as dit met ons gebeur het nie, en daarom het ons besluit om graag te help.”

Dit was ook pertoeval Katja se verjaarsdag. Die paartjie het haar verjaarsdag partytjie met vriende en familie uitgestel sodat hulle die troufotos kon gaan neem.

“My vrou het die familie en vriende in kennis gestel dat ons graag die paartjie wil help met die troue asook wat gebeur het, en almal het dit verstaan en ons ondersteun in die keuse,” vertel Brandon.

Maureen vertel sy het in trane van verligting uitgebars toe sy hoor hulle is bereid om te help.

“Ek kan nie eers verduidelik hoe professioneel en wonderlik hierdie twee mense is nie, hulle fotos en videos is puik! Hulle het blindelings sonder enige ontmoeting voor die tyd ons fotos gedoen en dit was presies wat ons wou hê.”

Brandon sê dit het goed gevoel om hulle te help en hulle harte bly te maak.

“Ons is bly ons kon iemand in nood help, veral op so groot dag waar daar alreeds soveel stress betrokke is.”

“Dankie dat julle sulke wonderlike mense is en ons dag so spesiaal gemaak het. Ek hoop julle besigheid gaan van krag tot krag,” sluit Maureen af.

Een van die pragtige fotos wat Every Moment Photography geneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button