Local news

‘Hawelose’ vrou bly glo dae in huis terwyl eienaar met vakansie is

Die huurder het bevestig hy het geen toestemming gegee nie.

‘n Vrou wat glo haweloos is, het na bewering by ‘n huurhuis in Jeugdstraat, Potchefstroom ingebreek en vir drie dae daar gebly terwyl die huurder oorsee en die eienaar, wat langsaan bly, met vakansie was.

Sonja Niemand, die eienaar van albei huise wat reg langs mekaar is, vertel mense wat haar diere opgepas het terwyl sy uitstedig was, het ‘n vreemde vrou by haar huurhuis langsaan opgemerk.

“Die huurder, ‘n enkel man, was in daardie stadium oorsee. Ek het hom gekontak en gevra of hy enigiemand toestemming gegee het om in sy huis te bly terwyl hy weg was. Hy het my verseker hy het niemand toestemming gegee nie.”

Sonja sê toe sy verder niks kon uitvind oor wat aangaan nie, het sy op 8 Desember vir Mooirivier Beskerming gekontak om die situasie vir haar te hanteer.

“Toe Mooirivier Beskerming daar aankom, het hulle die vrou en ‘n vriendin binne die huis aangetref waar hulle lekker sit en rook en drink. Die hek se slot is oopgebreek en so ook is van die deure in die huis beskadig. Een ruit wat stukkend was, is oopgebreek en ons vermoed dit is hoe die vrou in die huis gekom het.”

Sy vertel met Mooirivier Beskerming se aankoms het hulle vir haar foto’s en video’s van wat in die huis aangaan, geneem.

“Sy het lekker haar klere begin uitpak en wou eers gehad het Mooirivier Beskerming moes haar kans gee om te bad voordat sy die perseel verlaat.”

Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het bevestig hulle het op 8 Desember 2024 ‘n vrou wat ‘n perseel in Jeugdstraat sonder toestemming betree het, verwyder.

Alhoewel daar onsekerheid is oor of enigiets gesteel is, het Sonja op 9 Desember 2024 met haar terugkeer van haar vakansie, ‘n saak by die polisie aangemeld.

Herald het met die vrou in kontak gekom, waarby sy die publikasie ingelig het dat sy die huurder se eksvrou is en toestemming gehad het om in die huis te bly.

Die huurder het bevestig dit was nie die geval nie en hy het geen toestemming gegee nie.

Beskadigde hek.
Oopgebreekte slot.
Beskadigde deur.
Gebreekte venster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button