Local news

‘Hawelose’ huisgas toe nie haweloos

Daar is onsekerheid oor waarom sy dan in Sonja se huurhuis gevind is.

‘n Vrou wat as haweloos beskou was en glo by ‘n huis in Jeugstraat, Potchefstroom ingebreek het terwyl die huurder oorsee en die eienaar, wat langsaan bly, met vakansie was, is nie haweloos nie.

Die Herald het vroeër berig die vrou het glo drie dae in die huis gebly voordat sy deur Mooirivier Beskerming verwyder is.

Sonja Niemand, die eienaar van albei huise wat reg langs mekaar is, het vertel mense wat haar diere opgepas het terwyl sy uitstedig was, het ‘n vreemde vrou by haar huurhuis langsaan opgemerk.

Nadat sy die huurder gekontak het en hy bevestig het, hy het niemand toestemming gegee om in die huis te bly nie, het Sonja die sekuriteitsfirma gekontak om haar te help om die vrou te verwyder.

Daar word vermoed die vrou het toegang tot die hus deur ‘n gebreekte ruit gekry. Die hek se slot is oopgebreek en van die deure in die huis beskadig.

Sonja het met haar terugkeer van vakanise af, ‘n saak by die polisie aangemeld.

Die Herald het laasweek met die vrou in kontak gekom, waarby sy die publikasie ingelig het dat sy die huurder se eksvrou is en toestemming gehad het om in die huis te bly. Die huurder het dit ontken.

Intussen het ‘n anonieme persoon die Herald gekontak en verduidelik die vrou is nie haweloos nie. Sy is ‘n getroude inwoner van die stad wat saam met haar man bly.

Daar is onsekerheid oor waarom sy dan in Sonja se huurhuis gevind is.

Herald het intussen weer met die vrou gesels, wat beweer sy het bewyse dat sy toestemming gehad het om in die huis te bly, maar kom nie vorendag met die bewyse nie.

Lees die vorige artikel hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2025/01/17/hawelose-vrou-bly-glo-dae-in-huis-terwyl-eienaar-met-vakansie-is/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button