Local news
Beloning vir vermiste hondjie
'n Beloning word vir die persoon beloof wat Coco kan opspoor.
‘n R5000 beloning word aan die persoon beloof wat klein Coco, ‘n miniature Pincher, kan opspoor en haar veilig met haar eienaar kan herenig.
Elrie Enslin, Coco se eienaar, sê sy wil net so vinnig as moontlik haar geliefde hondjie weer by die huis hê.
Coco het Sondag, 26 Januarie tussen 11:00 en 12:00 weggeraak. Sy is laaste in die Bailliepark-area in Roseltstraat, naby NG Vyfhoek gesien.
Enigiemand met inligting kan vir Elrie by 066 395 2101 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



