Local news

Strawwe kompetisie in Finsbury A-afdeling

Volkies se kolwers het alles in die stryd gewerp.

Volkies het die afgelope naweek in ‘n Finsbury A-afdeling kragmeting teen Eldoraigne te staan gekom.

Die wedstryd kon tot in die laaste beurt nog albei kante toe gaan. Volkies moes ongelukkig die knie teen die manne van Pretoria buig. Eldoraigne het eerste gekolf waarna hulle ‘n bestendige 272/8 in hulle 50 beurte gemaak het. Hermann Hesse was weer die voorste bouler met syfers van 3 – 39.

Volkies se kolwers soos Sihle Duma, 72 (111) en Theunis Nel, 57 (45) het alles in die stryd gewerp, In ‘n dramatiese finale beurt benodig Volkies 12 lopies om die wedstryd te wen met slegs twee paatljies in hand. Volkies verloor egter albei paaltjies in die finale poging en verloor met slegs 7 lopies.

Volgens Pieter Wiid, Volkie se 1ste XI se hoofafrigter, was dit ‘n goeie wedstryd.

Dit is strawwe kompetisie, soos dit hoort in die A-afdeling van die Finsbury, hoe meer ‘n mens sulke kompeterende wedstryde speel, hoe meer sal jy ‘n manier kry om hulle te wen.  Ons is positief vir die liga wat oorbly en om optimaal te presteer kom Noordwes en Noordvaal,” het Wiid gesê.

Volkies gaan Dinsdag vir Rustenburg aanvat terwyl Waterkloof komende Saterdag vir hulle wag.

Hulle het ook oor dieselfde naweek, teen Diamantveld in ‘n vriendskaplike wedstryd kragte gemeet. Volkies het die manne va nKimberley tot 99 beperk waarna Volkie sdie totaal gemaklik haal. Volkies wen die wedstryd met sewe paaltjies.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button