Local news
Polisie vra hulp om vermiste Klerksdorp tiener op te spoor
Sy is glo gesien waar sy Hoërskool Schoonspruit verlaat.
Polisie in die Noordwes versoek die gemeenskap se hulp om ‘n tienermeisie wat in Klerksdorp vermis geraak het, te help opspoor.
Tracye-Lee Roos (15) het op Donderdag, 30 Januarie vermis geraak. Sy het ten tyde van haar verdwyning ‘n swart toppie, kakiebroek en wit tekkies aangehad. Sy is glo gesien waar sy Hoërskool Schoonspruit verlaat het.
Enigiemand met inligting oor waar sy haarself bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speursersant Babuile by 060 967 3969 of 018 464 5390 te kontak. Lede van die publiek kan inligting by #CrimeStop aanmeld deur 08600 10111 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



