Local news

Valentynsdag met ‘n begroting – so bederf jy jou geliefde

Hier is hoe jy jou geliefde kan bederf wanneer jy ‘n klein begroting het.

Almal weet mens moet elke dag vir jou geliefdes wys jy is lief vir hulle, maar mens wil tog vir jou geliefdes iets spesiaal op Valentynsdag doen. Hier is hoe jy jou geliefde kan bederf wanneer jy ‘n klein begroting het.

Kyk ‘n romantiese fliek

Daar is niks lekkerder as om in jou geliefde se arm te lê en ‘n lekker fliek te kyk nie. Hier is vier romantiese films wat julle saam kan kyk.

Sit aandete voor

Jy hoef nie jou geliefde na ‘n duur restaurant te neem nie, jy kan ‘n lekker, goedkoop ete by die huis voorsit. GoodFood het goedkoop, tog lekker resepte vir Valentynsdag.

Hou ‘n piekniek

As jy nie Valentynsdag in die huis wil spandeer nie, hoekom neem jy nie jou geliefde vir ‘n lekker piekniek in die opelug nie? Hier kan jy idees vir ‘n romantiese piekniek kry.

Maak self ‘n geskenkie

Wanneer jy nie die finansies het om ‘n geskenk te koop nie, is dit altyd ‘n goeie idee om iets self te maak. Hier is ‘n video van ‘n groot verskeidenheid Valentynsdag geskenke wat jy self kan maak.

Skryf ‘n brief

Met handgeskrewe briewe wat deesdae soos skaars is, is ‘n briefie aan jou geliefde dalk net die perfekte ding om jou liefde te bewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button