Local news

Valentynsdag met ‘n begroting – so bederf jy jou geliefde

Hier is hoe jy jou geliefde kan bederf wanneer jy ‘n klein begroting het.

Almal weet mens moet elke dag vir jou geliefdes wys jy is lief vir hulle, maar mens wil tog vir jou geliefdes iets spesiaal op Valentynsdag doen. Hier is hoe jy jou geliefde kan bederf wanneer jy ‘n klein begroting het.

Kyk ‘n romantiese fliek

Daar is niks lekkerder as om in jou geliefde se arm te lê en ‘n lekker fliek te kyk nie. Hier is vier romantiese films wat julle saam kan kyk.

Sit aandete voor

Jy hoef nie jou geliefde na ‘n duur restaurant te neem nie, jy kan ‘n lekker, goedkoop ete by die huis voorsit. GoodFood het goedkoop, tog lekker resepte vir Valentynsdag.

Hou ‘n piekniek

As jy nie Valentynsdag in die huis wil spandeer nie, hoekom neem jy nie jou geliefde vir ‘n lekker piekniek in die opelug nie? Hier kan jy idees vir ‘n romantiese piekniek kry.

Maak self ‘n geskenkie

Wanneer jy nie die finansies het om ‘n geskenk te koop nie, is dit altyd ‘n goeie idee om iets self te maak. Hier is ‘n video van ‘n groot verskeidenheid Valentynsdag geskenke wat jy self kan maak.

Skryf ‘n brief

Met handgeskrewe briewe wat deesdae soos skaars is, is ‘n briefie aan jou geliefde dalk net die perfekte ding om jou liefde te bewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button