Local news
Mense ontruim huise in Klerksdorp
Die ongure weer word vir die res van die week voorspel.
Die aanhoudende reënval het sowat nege gesinne genoop om hulle huise in Klerksdorp te ontruim.
Volgens ‘n verklaring wat die Matlosana munisipaliteit, woensdag uitgereik het, is nege huise in Cuckoo straat in Irene Park in Klerksdorp ontruim. Gesinne wat naby die Schoonspruit woon is ook gewaarsku om hulleself gereed te maak vir ontruiming indien nodig.

Die munisipaliteit het motoriste gewaarsku om besonders versigtig te wees wanneer hulle, veral oor lae paaie en brûe ry.
“Motoriste moet liewer areas wat oorstroom is vermy, spoed verminder en hoofligte aanskakel. Motoriste moet ook waaksaam wees vir voetgangers en fietsryers omdat dit moeilik is om hulle in die toestande te sien,” lui die verklaring.
Die ongure weer word vir die res van die week voorspel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



