Local news

Munisipaliteit tree flink op na boom val

Die buitenste muur en hek is deur die boom beskadig.

Die munisipalitiet het Woensdag, 19 Februarie vinnig opgetree nadat ‘n boom in Peter Mokabastraat omgeval het.

Die reuse eikeboom het weens die dae se aanhoudende reën omgeval en binne ‘n erf geval. Die buitenste muur en hek is deur die boom beskadig.

Madra de Bruin, DA-raadslid, het die munisipaliteit gekontak en binne ‘n uur het die span opgedaag en die boom begin opsaag.

Die grootste deel van die boom en takke is vinnig uit die erf verwyder. Ongelukkig vermoeilik die reën die opsaag van die stomp gedeelte wat nog op die sypaadjie agter gebly het. Die muur kan ook nie tans weens die weer herstel word nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button