Local news

Munisipaliteit tree flink op na boom val

Die buitenste muur en hek is deur die boom beskadig.

Die munisipalitiet het Woensdag, 19 Februarie vinnig opgetree nadat ‘n boom in Peter Mokabastraat omgeval het.

Die reuse eikeboom het weens die dae se aanhoudende reën omgeval en binne ‘n erf geval. Die buitenste muur en hek is deur die boom beskadig.

Madra de Bruin, DA-raadslid, het die munisipaliteit gekontak en binne ‘n uur het die span opgedaag en die boom begin opsaag.

Die grootste deel van die boom en takke is vinnig uit die erf verwyder. Ongelukkig vermoeilik die reën die opsaag van die stomp gedeelte wat nog op die sypaadjie agter gebly het. Die muur kan ook nie tans weens die weer herstel word nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button