
Twee mans is ernstig beseer nadat hulle van ‘n bakkie afgeval het.
Die voorval het vanoggend, 28 Februarie, omstreeks 10:00 vanoggend op die Paryspad gebeur. Die twee mans was glo agter op die bakkie waarna hulle van die bakkie afgeval het. ER24, Mooirivier Beskerming se mediese reaksie en plaaslike owerhede is op die toneel.
Wees versigtig as jy in dié rigting moet ry.
Die presiese oorsaak van die voorval is nog onbekend en owerhede sal verdere ondersoek instel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



